aan boord / oorboord

aan boord

Twee woorde:

    • Die ruimteteleskoop is op 24 April 1990 aan boord van die pendeltuig Discovery die ruimte ingeneem.
    • Die geleenthede was maar skaars hier op die dorp vir die alleenloperdames en so het dit nie lank geneem vir oom Giel en tant Griet om aan boord van die huweliksbootjie te stap nie.

oorboord

    • Hy het aan sy einde gekom toe hy op ’n geheimsinnige wyse oorboord geval het.
    • In Februarie gooi die meeste mense hul voornemens vir die nuwe jaar oorboord.

Maak 'n opvolg-bydrae