beide … en
-
- Alle lesmateriaal is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.
- Alle lesmateriaal is beskikbaar beide in Afrikaans en (in) Engels.
- Beide die kat en (die) muis se siening kry aandag.
- Die agtersitplek is effens hoër as die voorste sitplekke gemonteer om beide gerief en die sig na alle kante te verbeter.
? Die handleiding is gepubliseer met beide wenke en riglyne en die gedigte en verhale van 23 amateurskrywers. → sowel as
sowel … as / sowel as
-
- Alle lesmateriaal is beskikbaar in sowel Afrikaans as Engels.
- Alle lesmateriaal is beskikbaar sowel in Afrikaans as in Engels.
OF - Alle lesmateriaal is beskikbaar in Afrikaans sowel as in Engels.
- Alle lesmateriaal is beskikbaar in Afrikaans sowel as Engels.
- Sowel die kat as die muis se siening kry aandag.
OF - Die kat sowel as die muis se siening kry aandag.
- Die agtersitplek is effens hoër as die voorste sitplekke gemonteer om sowel gerief as die sig na alle kante te verbeter.
OF - Die agtersitplek is effens hoër as die voorste sitplekke gemonteer om gerief sowel as die sig na alle kante te verbeter.
- Die handleiding is gepubliseer met sowel wenke en riglyne as die gedigte en verhale van 23 amateurskrywers.
OF - Die handleiding is gepubliseer met wenke en riglyne sowel as die gedigte en verhale van 23 amateurskrywers.
Verkeerd
beide + sowel as
*Alle lesmateriaal is beskikbaar in beide Afrikaans sowel as Engels.
*Beide die kat sowel as die muis se siening kry aandag.