Taalpos 2

Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed, en wat staan die teksredakteur in dié verband te doen?

  • Behoort die terme anglisisme en anglisisties, met hulle pejoratiewe lading, vandag nog gebruik te word? Of is dié terme deesdae, waar Afrikaans en Engels langs mekaar in dieselfde sosiale konteks gebruik word, problematies?
  • Waar en wanneer, presies, het die invloed van Engels op Afrikaans begin, en waarom laat Afrikaanssprekendes hulle so maklik deur Engels beïnvloed?
  • Behoort ’n mens vandag nog van jong Afrikaansgebruikers te verwag dat hulle hulle taal “suiwer” moet hou en moet let op die mate waarin Engels hulle spreektaal beïnvloed?
  • Watter verskillende faktore bring mee dat Afrikaansgebruikers nie meer so maklik tussen die Afrikaanse en Engelse idioom onderskei nie?
  • Hoe moet taalpraktisyns, teksredakteurs en proeflesers wat ander se taalgebruik vir boeke, koerante, tydskrifte en ander publikasies versorg met taalbeïnvloeding omgaan? Wat moet hulle doen, steeds doen, dalk nié meer doen nie? Watter riglyne kan hieroor, ook vir skrywers en vertalers, neergelê word?
  • Moet die keuse van woorde en idiomatiese uitdrukkingsvermoë oor dieselfde kam geskeer, of verskillend gehanteer word?
  • Moet pogings om Afrikaanse ekwivalente vir Engelse woorde en uitdrukkings te skep, voortgaan? Of is die mag van die Engelse woordeskat so alomteenwoordig en sterk dat ons Engelse neologismes ook maar in Afrikaans moet gebruik?
  • Watter probleme is daar aan Afrikaanse nuutskeppings verbonde?
  • Watter probleme is daar verbonde aan betekenisuitbreiding van woorde?
  • Waarom ontbreek ’n sterk idiomatiese grondslag by baie Afrikaansgebruikers en -skrywers? Kan dit reggestel word?
  • Wat is die rol van naslaanbronne in dié verband?
  • Het uitgewers ’n rol en verantwoordelikheid?
  • Word stylbesluite by koerante en tydskrifte dalk te ligtelik geneem?
  • Wat is die rol en invloed van die Afrikaanse hoofstroommedia met betrekking tot die verandering van geskrewe Afrikaans?

Hieroor praat Jana Luther en Fred Pheiffer in ’n podsending van Afrikaans Vandag.