aan mekaar / aanmekaar / aanmekaar=

aanmekaar

Sonder onderbreking, oponthoud, vertraging; aanhoudend:

    • Dit reën aanmekaar.
    • Bennie lees aanmekaar vir die maatjies stories.
    • Hierdie arme kêrel, word vertel, het sowat 65 jaar aanmekaar gehik.

aan mekaar

Die een aan die ander:

    • Werk die twee dele aan mekaar vas.
    • Albei partye moet 12 maande skriftelike kennis aan mekaar gee indien enige party die ooreenkoms wil beëindig.
    • ’n Bout en moer word gebruik om die twee stukke metaal dig aan mekaar te koppel.

aanmekaar=

In een stuk:

    • Hy dra ’n ronde brilletjie wat met kleeflint aanmekaargeplak is.
    • Teenoor primêre nywerhede is daar sekondêre nywerhede wat dinge maak, bou en aanmekaarsit.
    • Ons het die onderstel met twee karbatterye aanmekaargesweis.